Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – Sondag 23 MEI 2010

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZSOJPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat aangekondig moet word dat die sleutel van Kobie Furstenberg, ZS6ALE, op Sondag 9 Mei 2010 in die ouderdom van 75 jaar stil geraak het. Kobie was ’n pionier van AMA-werking in die RSA. Hy word oorleef deur sy eggenote Alet, een seun en drie dogters.

Milne Buchan, ZS5NZ, is in die oggend van 21 Mei oorlede. Hy was ’n lewenslange erelid van MARK sowel as die SARL en ook regsadviseur vir die SARL in die verlede. Hy word deur sy dogter Anne oorleef.

Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van die oorledenes.

(POUSE)

In die nuus vandag:

SARL VIER 85ste HERDENKING

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE TREF DURBAN VOLGENDE SATERDAG

SA AMATEURRADIO-ONTWIKKELINGSTRUST ERKEN DRIE RADIOAMATEURS VIR BYDRAES TOT DIE STOKPERDJIE

SARL-NAELLOOP OM JEUGDAG OP 16 JUNIE 2010 TE VIER

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede en ander belangrike en interessante nuusitems.

SARL VIER 85ste HERDENKING

"Baie geluk SARL met die 85ste herdenking," het SARL-President, Dennis Green, ZS4BS, gesę. In sy boodskap sę Dennis verder, "op Woensdag 20 Mei 1925, het 'n groep radioamateurs in Kaapstad bymekaargekom en die Suid-Afrikaanse Radio Relay Liga gestig. Ek glo dit was vir hierdie radioamateurs 'n besondere geleentheid gewees. Ek wonder wat die uitdagings was wat die SARRL in die eerste jare gehad het. Die organisasie het gegroei en later is die naam verander na die Suid-Afrikaanse Radioliga.

Ons kan terugdink aan baie hoogtepunte wat die SARL die afgelope 85 jaar beleef het, van die baie radioamateurs wat die organisasie as lede met eer en toewyding gedien het en wat vermag is. Ons dink aan die radioamateurs wat op tak- of klubkomitees en op die Raad van die SARL gedien het. Ek wil erkenning gee aan elke radioamateur wat 'n rol gespeel het en steeds speel in die bevordering van amateurradio en die Suid-Afrikaanse Radioliga.

As ons na die toekoms kyk, is daar verskeie uitdagings vir die organisasie en die stokperdjie. Ek dink die werwing van lede is belangrik, nie net jong mense nie, maar ook die wat reeds gevestig is. Hoe effektief bevorder die klubs amateurradio? Neem ons amateurradio na die publiek?

Daar is snelle verandering in tegnologie en ons as radioamateurs moet op hoogte bly van die ontwikkeling, ons moet deel van die ontwikkeling wees, ons moet die rigting aandui. Ons stokperdjie het so baie fasette, daar is so baie dinge waarby on betrokke kan raak, daar is geen grense nie.

In ons 85ste jaar vra ek u om die uitdaging te aanvaar en die SARL te versterk deur om meer radioaktief te wees, te help tegnologie ontwikkel en ons lidmaatskapbasis uit te brei. Is u saam met my?

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE TREF DURBAN VOLGENDE SATERDAG

Die eerste aanbieding van Radiotegnologie-in-Aksie vir 2010 sal op Saterdag 29 Mei by die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban aangebied word. Dit is ’n gebeurtenis wat nie misgeloop mag word nie, met voortreflike aanbiedings en begeerlike pryse om te wen. Hierdie jaar is daar twee spesiale aanbiedings: Leer meer aangaande D-Star deur Deon Swanepoel, ZS5DD, en hoe om oudio uit u ontvanger met DSP te verbeter. Vind ook uit hoe om met amateurradio-rigtingpeiling (ARDF, Amateur Radio Direction Finding) met maklik geboude toerusting betrokke te raak.

Verkry die volle program vanaf die web of stuur ’n e-pos aan RTA met Durban RTA in die adreslyn en ’n kopie sal aan u gepos word.

Indien u in KwaZulu-Natal is, maak nie saak waaroor nie, maak seker dat dit die bywoning van die RTA sal wees.

SA AMATEURRADIO-ONTWIKKELINGSTRUST ERKEN DRIE RADIOAMATEURS VIR BYDRAES TOT DIE STOKPERDJIE

Maandag, verlede week, het die Suid-Afrikaanse Amateurradio-Ontwikkelingstrust drie radioamateurs met toekennings vereer vir hul bydraes tot die stokperdjie. Die toekennings is gedoen tydens ’n gala-ete wat in die Midrand Protea Hotel gehou is. Die gasspreker was die welbekende Scenario-aanbieder en skrywer, Clem Sunter.

Die Garth Milne Tegnologietoekenning is gedoen aan Jan-Albert Koekemoer, ZS1JAK, vir sy toegewyde werk aan SumbandilaSat en in die besonder om die amateurloonvrag kort na lansering volledig in werking te stel. SO67, soos wat die amateurloonvrag op SumbandilaSat bekend is, het reeds węreldwye belangstelling gewek. Gedurende die afgelope aantal weke het Jan-Albert aan nuwe programmatuur gewerk wat die transponeerder sal toelaat om aan te bly vir die 15 minute verbyvlug en dit vir radioamateurs, wat antennas in die hand hou, makliker te maak om deur die satelliet kontakte te maak. SO67 se bedryfskedule sal binnekort op www.amsatsa.org.za bekend gemaak word.

Die Nokia-Siemens-Netwerk Radioamateur-van-die-Jaar-toekenning het gegaan aan Eddie Leighton, ZS6BNE. Erkenning is verleen aan Eddie vir sy pogings om satellietaktiwiteit in Suid-Afrika te populariseer en om die konsep van “toerusting in die sak” na RaDAR – Rapid Deployment Amateur Radio – te neem waarvan die doel is om ’n mobiele stasie in die kortste moontlike tyd in bedryf te stel.

Die Nokia-Siemens-Netwerk Radiokommunikasiedienstoekenning is verleen aan Dr Lee-Anne Mc Kinnell, ZS2LAW, vir haar werk in die veld van ruimteweer en hoe dit amateurradio beďnvloed, die instelling van die 40 m bakenprojek, wat later vanjaar op ’n gewysigde manier ingestel gaan word en haar ondersteuning van die Radiotegnologie-in-Aksie-program. Ongelukkig kon Lee-Anne nie die funksie bywoon nie en die toekenning is namens haar deur haar moeder, Lyn Willescroft, in ontvangs geneem.

Met haar gelukwensings aan die wenners het Thobi Mkhize, van Nokia-Siemens-Netwerke, gesę NSN is trots om met die toekenningsprogram verbonde te wees en vir die werk waarvoor die ontvangers erkenning verleen is. Sy het gesę dit is belangrik dat uitstekende werk erken word. Aangesien amateurradio ’n kragtige aktiwiteit is om jongmense te beďnvloed ten einde loopbane in die elektronika- en kommunikasiesektor te volg, het Thobi alle radioamateurs aangemoedig om ’n jong persoon aan te neem met die doel om hom of haar by die stokperdjie betrokke te kry.

Die Radioamateur-van-die-Jaar-toekennings word jaarliks deur Nokia-Siemens-Netwerke geborg.

Die SA Amateurradio-Ontwikkelingstrust het ook ’n sertifikaat van waardering aan Multisource oorhandig vir hul ondersteuning van die Amateurradio Innovasieprojek wat vroeër vanjaar van stapel gestuur is.

“Innovasie in Amateurradio” is ’n projek wat oor 18 maande strek en wat daarop gemik is om innovasie in amateurradio te bevorder. Radioamateurs en tegnici word uitgenooi om projekte in te dien wat innovasie in amateurradio te weeg sal bring hetsy dit programmatuur, amateurradio en die internet, die ontwikkeling van kompakte HF-antennas vir gebruik in woonstelle of trosbehuising of innovasie in noodkommunikasie is.

Meer inligting aangaande toekennings en die innovasieprojek is verkrygbaar by www.amateurradio.org.za.

SARL-NAELLOOP OM JEUGDAG OP 16 JUNIE 2010 TE VIER

“Met die węreldbeker goed op dreef en skole met vakansie, het radioamateurs ’n uitstekende geleentheid om jeugdag op 16 Junie te vier met die SARL se naelloop en Suid-Afrika se jongmense ’n voorsmaak van amateurradio te gee deur hulle amateurtoerusting te laat gebruik”, het Gerhard Coetzee, ZS3TG, SARL-Raadslid vir Jeugaktiwiteite gesę.

Klubs word aangemoedig om stasies in publieke gebiede, soos winkelsentrums, op te rig om amateurradio as die grootste van alle wetenskaplike stokperdjies te demonstreer en as aanmoediging vir jongmense te dien om loopbane in elektronika en kommunikasie te volg.

Daar is baie pryse gedurende die naelloop te wen. Almal wat logstate met ’n minimum van 10 kontakte instuur, sal aan gelukstrekkings deelneem.

Klubs wat stasies gaan oprig word versoek om besonderhede aan armi@sarl.org.za te stuur vir insluiting in mediavrystellings vir hantering deur die SARL se publieke inligtingsnetwerk.

Volle besonderhede is beskikbaar op www.sarl.org.za, klik op “Youth activity” op die tuisblad.

Individuele radioamateurs word uitgenooi om jongmense vir die dag aan te neem en hulle na die hok uit te nooi en hulle onder toesig die toerusting te laat gebruik.

KOMPETISIENUUS

Hier is die uitslae van die SARL se Herfs-QRP-naelloop wat op 18 April 2010 plaasgevind het.
19 Logstate is ontvang. Punte is afgetrek vir verkeerde roepseine en RST-verslae.
Kompetisiedeelnemers moet asb. item 11 onder die algemene reëls in die kompetisiehandboek, die “Blou Boek” lees.
Die puntetellings is as volg:
1ste - Jan Botha, ZS4JAN 12 960
2de - Pierre van Deventer, ZS6BB 5 120
3de - Andre Botes, ZS2ACP 4 960
4de - Johan Groenewald, ZS2CX 4 760
5de - Andre van Deventer, ZS2BK 3 780
6de - Phillip Esterhuizen, ZS4 2 552
7de - Andre le Roux, ZS2AL 1 216
8de - Andrew Dekenah, ZR6DEK 1 400
9de - Marius Preston, ZS4MP 864
10de - Pam Momberg, ZS6APT 768
11de - Quartus de Witt, ZS6QDW 608
12de - John Kramer, ZS5J 540
13de - Kevin McDonald, ZS6KMD 504
14de - Romeo Nardini, ZS6ARQ 504
15de - Pieter Bosman ZS3AOR 480
16de - Derek Stuart ZS2J 480
17de - Geoff Levey, ZS6GRL 456
18de - Tony Allen, ZR2TX 132
19de - Benjamin Scholtz, ZU1BEN 16

Weereens baie dankie aan almal wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het en ’n spesiale dank aan diegene wat logstate ingestuur het

BHF/UHF-KOMPETISIEREËLS

’n Konsep van die BHF/UHF-kompetisiereëls is op die webwerf beskikbaar. Hierdie dokument sal tydens die indaba op 26 Junie 2010 as die basis gebruik word vir die besprekings van die reëls vir die BHF/UHF-kompetisies.

KLUBNUUS

Die Port Elizabeth Amateurradiovereniging se algemene jaarvergadering is op Saterdag 15 Mei gehou. Die volgende lede is tot die vereniging se komitee verkies:

Voorsitter, ZS2AG, Ashley Goosen.
Komiteelede:
Glen Cummings, ZS2GV;
Clive Fife, ZS2RT;
Basie du Plessis, ZR2BA;
Bill Hodges, ZS2ABZ;
Chris Scarr, ZS2AAW.

Portfolios sal binnekort tydens die eerste komiteevergadering toegeken word.

Die vereniging bedank die uittredende komitee vir die goeie werk wat gedurende 2009-2010 gedoen is.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. 'n Klein sonvlekkie is besig om in die Suidelike halfrond te vorm en het nognie 'n amptelike nommer nie. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling vir die week gaan minder as 10 wees.

15 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 17 en 20 m. Gedurende die middae gaan die toestande na Indië goed wees. Gedurende laatmiddae en die aande gaan toestande na Europa goed wees. Kontakte met Australië gaan uitdagend wees. Ook gaan kontakte met die VSA uitdagend wees. Smiddags en vroeg aande gaan toestande op 15 m na Brasilië bruikbaar wees.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. Oor die langer afstande is 20 m nog bruikbaar. Vroeg oggend en laat middag is 80 m die beste keuse asook vir kontakte oor die korter afstande.

Saans is 80 m die beste keuse.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
29 Mei - RTA-simposium in Durban;
5 Junie – Snuffelmark om 10:30 by die ZERABI onthaalsentrum, halfpad tussen Klerksdorp en Potchefstroom;
16 Junie – Jeugdagvierings, SARL-naelloop;
26 Junie – BHF-indaba by die NARS beginnende om 12:00;
18 Julie – Integnet om 19:30 oor BHF/UHF/MIKROGOLF-aangeleenthede;
24 Julie - RTA-simposium in Kaapstad;
21 Augustus - RTA-simposium in Port Elizabeth;
31 Augustus - Sluitingsdatum vir indiening van voorstelle vir die 2011-kompetisiehandboek;
18 September - RTA-simposium in Gauteng;
30 September – sluitingsdatum vir fase 1 van die innovasieprojek.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars deur te stuur. Stuur dit indien moontlik in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio Mirror International wat om 10:00 SAT op 145,750 in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "ARMI" en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na ’n bulletin wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.
Dankie dat u saamgeluister het.

73, tot volgende Sondag.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003